Tuisblad

Welkom by my blog!

Ek en Liewe Persoon stap so saam-saam deur die lewe. Soms verlang ons terug na die uitbundigheid en vryheid van kindwees. Soms  voel ons temperamenteel en soek ons saam na ‘n salfie om aan ons nerf-af siele te smeer. Soms voel ons stuitig en dan dans die poppe behoorlik! Ons vier die lewe – die soet en die suur. Ons verdra die alledaagse frustrasies. Ons vat die langpad… en soms huppel ons opgewonde op die paadjie na toentertyd. Hoe doen ons dit? Ons langarm met humor en ons ramba met ‘n uitbundige skaterlag! Ons kners op ons tande en ons soms beurtsang ons ‘n klaaglied. Die meeste van die tyd kyk ons egter na binne en ons besef dat dit alles net genade is…